Bell 206

Bell 206 JetRanger/LongRanger
'n Bell 206 JetRanger van die Los Angeles Police Department (LAPD)
Tipe Nutshelikopter
Vervaardiger Bell Helicopter
Nooiensvlug 8 Desember 1962[1]
Bekendstelling 1967
Status Aktiewe diens
Vervaardig 1962–2017
Aantal gebou 7 300[2]
Eenheidskoste ongeveer VS$900 000
tot $1,2 miljoen[2]
Ontwikkel van Bell YOH-4
'n Bell 206L-4 LongRanger vertrek vanaf die helikopterblad van Vancouver-hawe.

Die Bell 206 is 'n familie van tweelem-, enkel- en tweemotorige helikopters, vervaardig deur Bell Helicopter in sy fabriek in Mirabel, Quebec. Dit is oorspronklik ontwikkel as die Bell YOH-4 vir die Amerikaanse Leër se Ligte Waarnemingshelikopterprogram, maar is nie deur die weermag aangekoop nie. Bell het die tuig herontwerp as die suksesvolle vyf-sitplek Bell 206A JetRanger en dit daarna kommersieel bemark. Die nuwe ontwerp is uiteindelik deur die weermag gekies as die OH-58 Kiowa. Bell het ook 'n sewe-sitplek LongRanger ontwikkel, wat later aangebied is met 'n tweemotorige opsie as die TwinRanger, terwyl Tridair Helicopters 'n soortgelyke omskakeling bied van die LongRanger genaamd die Gemini ST. Die ICAO-toegekende modelbenaming "B06" word gebruik in vlugplanne vir die JetRanger en LongRanger, en die benaming "B06T" word gebruik vir die tweemotorige TwinRangers.

  1. Donald, David, ed. "Bell 206". The Complete Encyclopedia of World Aircraft. Barnes & Nobel Books, 1997. ISBN 0-7607-0592-5
  2. 2,0 2,1 Bell 206 JetRanger Geargiveer 12 Februarie 2005 op Wayback Machine. GlobalSecurity.org, 9 Julie 2005, besoek: Desember 2009

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search